Frans Cronjé: ANC weet goed waarheen hy op pad is met land

Ten spyte van al die chaos bly die ANC vasbeslote om sy revolusie te voltooi.

By hul onlangse beleidskonferensie het pres. Jacob Zuma dit reguit gestel dat dit die doel van sy party is om in Suid-Afrika ’n kommunistiese diktatuur te skep as die onvermydelike slotsom tot sy Sowjet-geïnspireerde Nasionaal-Demokratiese Revolusie (NDR).

Selfs betogers wat die afgelope week die deure van die parlement wou afbreek, sal nie genoeg wees om die party se koers te verander nie.

“ ONS HET AL DIKWELS GEHOOR DAT DIE REGERING NIE SULKE DINGE SAL DOEN NIE WEENS DIE EKONOMIESE SKADE WAT DIT IN SUID-AFRIKA SAL AANRIG. DIT IS NAÏEF. ”

​My kollega dr. Anthea Jeffery het die volgende oor die NDR geskryf: “Die NDR bied, volgens die SAKP, die ‘reguitste’ pad na ’n sosialistiese en dan kommunistiese toekoms vir Suid-Afrika. Oor die algemeen glo die ANC dat hy nou genoeg beheer oor die polisie, leër, staatsdiens, regbank, media, sakeondernemings en ander meningsvormers het om te kan voortgaan met radikale ‘ekonomiese’ transformasie in hierdie tweede fase van die NDR.”

Wat ons verstom, is dat baie ontleders dit ontken. Hulle glo eenvoudig nie die woorde wat hulle van die ANC hoor nie. Die onweerlegbare bewyse van die kommunistiese aanslag kan nietemin oral om ons gesien word.

Die aanvalle op die media en voorgestelde mediatribunaal is reg uit die kommunistiese handboek.

Die bemagtigingsbeleid word gebruik om die outonomie van die private sektor te vernietig en die sakegemeenskap tot volkome afhanklikheid van die regerende party te dwing – presies soos in enige kommunistiese gemeenskap.

Die mosie om private skole te vernietig en die magte van skoolbeheerliggame te beperk is daarop gemik om ons kinders se siele te versmoor en hulle tot verstandlose eenvormigheid te fatsoeneer.

Die aanvalle op die regbank is ’n poging om enige beheer oor die mag van die staat te verhoed.

Elke enkele voorbeeld van die regering se voorgestelde “grondhervormingsbeleid” is gerig op die beëindiging van private eiendomsregte en om die hulpbehoewende landelike gemeenskappe totaal afhanklik van die regerende party te maak, soos die geval in die Sowjetunie was.

Waarom word die ANC nie geglo nie?

Ons het al dikwels gehoor dat die regering nie sulke dinge sal doen nie weens die ekonomiese skade wat dit in Suid-Afrika sal aanrig. Dit is naïef. Die ekonomiese skade sal eenvoudig voorgehou word as bewys van die “private sektor se weerstand teen transformasie”, op grond waarvan al hoe meer mag aan die staat toegesê sal moet word om dit te beheer.

Uiteindelik sal die staat so magtig wees dat wanneer gewone mense besef hoe hulle gemanipuleer is, daar niks sal wees wat hulle kan doen om dit te weerstaan nie. Kyk net hoe rustig het ANC-leiers die afgelope week in die parlement gesit en hande klap, selfs al het die minister van finansies vir hulle verduidelik hoe die ekonomie tot niet gaan, en die oorverdowende knal van skokgranate buite die deure hoorbaar was. Die ekonomiese agteruitgang van Suid-Afrika kwel hulle glad nie.

Ander mense sê die ANC verstaan eenvoudig nie watter skade hulle veroorsaak nie. Hulle weet, met ander woorde, nie van beter nie. Maar dit is weer eens naïef. Hul beleid is gesofistikeerd en met groot bedrewenheid geïmplementeer. Kyk maar net na die mag wat hulle oor sakeondernemings, boere, joernaliste en regters het.

Moenie daaraan twyfel dat die ANC presies weet wat hulle doen nie.

Hulle is deskundiges met waarmee hulle besig is en hulle weet presies waarheen hulle op pad is.

Source: http://www.netwerk24.com/stemme/menings/2015-10-25-frans-cronj-anc-weet-goed-waarheen-hy-op-pad-is-met-land

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s