Zima hits etniese konflik aan

Die burgerregte-organisasie AfriForum het gesê dat president Jacob Zuma met vuur speel deur homself skuldig te maak aan die aanhitsing van etniese konflik. AfriForum se reaksie volg nadat Zuma gister in Pretoria gesê het dat Afrikane in vrede met mekaar saamgeleef en pret gehad het, maar toe kom die “ander”. Hierdie uitspraak volg nadat Zuma ook vroeër aangevoer het dat al die land se probleme met die aankoms van Jan van Riebeeck begin het.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is Zuma se uitsprake ʼn onbedekte poging om Afrikaners en wittes oor die algemeen as sondebok in die land uit te sonder.

“Zuma behoort te weet dat daar talle voorbeelde is waar etniese konflik voorafgegaan is deur onverantwoordelike leiers se uitsprake wat etniese groepe as sondebokke verklaar,” het Kriel gesê.

Kriel het daarop gewys dat AfriForum sal toesien dat Zuma voor internasionale geregshowe tot verantwoording geroep sal word, sou sy “onbesonne” uitsprake tot verhoogde etniese konflik aanleiding gee.

“In omstandighede waar die marteling en wreedheid waarmee sommige plaas- en ander moorde gepaardgaan, reeds dui op groeiende rassehaat, is Zuma se uitsprake onverskoonbaar,” het Kriel bygevoeg.

Volgens Kriel is Zuma se jongste uitsprake die duidelikste aanduiding nóg dat hy daarop uit is om Afrikaners en ander minderhede te teiken en teen hulle te regeer.

Kriel het ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen wat soos AfriForum wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe wil bevorder, om Zuma se polariserende uitsprake te verwerp en gesonde verhoudinge in die land te help bou.

“Dit is in ons almal se belang dat ons nie deur onverantwoordelike leiers soos Zuma in ʼn bose kringloop van rassehaat ingesleep moet word nie,” het Kriel afgesluit.

Source: https://www.afriforum.co.za/zuma-skuldig-aan-aanhitsing-van-etniese-konflik/

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s