DA position leader thinks Moslems an Gays are OK but he is a pastor

KAAPSTAD. – Die nuutverkose leier van die DA het gesê hy glo nie dit is ’n sonde om gay te wees nie – ook nie om ’n Moslem te wees nie – en is ontsteld dat hy van homofobie beskuldig word.

“Sommige van my politieke opponente wil munt slaan uit sekere aangeleenthede,” het Mmusi Maimane gesê.

“Dis misleidend om my in ’n homofobie-boksie te druk. Ek is ’n kampvegter vir gayregte in Suid-Afrika. Ek ondersteun die huidige wetgewing.”

Maimane is daarvan beskuldig dat hy konserwatiewe Christelike waardes aanhang wat teenstrydig is met gayregte weens sy rol – en opmerkings – as ’n pastoor in die Liberty Church. ’n Video is onlangs gesirkuleer van ’n preek wat Maimane verlede jaar gehou het waarin hy praat van “sondaars” en “siek mense” wanneer hy praat van ’n vriendekring wat Moslems en gays insluit.

Maar Maimane sê sy preek is verkeerd geïnterpreteer.

“Wat ek gesê het, is dat ek Moslem- en gay vriende het. Dit is my vriendekring. Ons is almal sondaars – ek die meeste van almal – en almal van ons in die groep is ‘siek’ soos wat die vers wat ek aanhaal, sê. Dis nie oor iemand gay of Moslem is nie.”

Toe hy spesifiek gevra is of hy glo dis ’n sonde om gay of Moslem te wees het hy gesê nee.

Hy het gister in ’n onderhoud in sy parlementêre kantoor gesê die konteks van sy preek was dat hy in ’n tradisioneel Christen-omgewing was “waar mense steeds sekere menings het en ek voel hulle is daarop geregtig”.

“Ek het opgestaan en wou die punt maak dat daar in my vriendekring Moslems en gays is. Ons deel almal dieselfde geloof en doelwitte. Dit was my punt. Ek het gesê ons moet meer oopkop wees. Nou glo mense dit beteken ek is anti-gay.”

Ander leraars van sy kerk is bewus van sy progressiewe standpunt en dat hy “altyd veg vir gayregte”.

Hy het vandeesweek ’n foto van homself getwiet saam met ’n gay paartjie by hul troue en gesê hy was een van die getuies. “As jy in die register by binnelandse sake gaan kyk, sal jy sien ek het geteken as getuie. Ek mag nie die troue waarneem nie, want ’n mens moet aansoek doen om burgerlike huwelike te kan voltrek. Maar ek was deel van hierdie troue.”

Hoewel Maimane in sy preek na gays en Moslems verwys, was die meeste kritiek teen hom weens sy standpunt oor gays.

Maimane het gesê sedert hy meer aktief begin raak het in die politiek, speel hy ’n al hoe kleiner rol in sy kerk, maar gaan hy steeds kerk toe as lidmaat.

Source: http://www.netwerk24.com/nuus/2015-05-15-gay-wees-is-gn-sonde-s-mmusi-maimane

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s