18j vir moord

Nelspruit. – Dit was ’n gewetenlose moord op ’n
weerlose vrou.
So het streeklanddros André Geldenhuys ’n
moordenaar geroskam voordat hy hom Maandag
vir 18 jaar tronk toe gestuur het weens die moord
op Elise “Saar” Holtzhausen (64).
Sy is op 13 Januarie 2009 in haar plaashuis op
Alkmaar buite Nelspruit keelaf gesny.
Kort ná haar moord is Rodney Malatjie in verband
met die moord aangekeer.
Hy was ten tyde van die moord 16 jaar oud en het
op die plaas gewerk.
Malatjie het skuld ontken.
Hy het reg deur die vier jaar lange verhoor
volgehou hy het van die voorval geweet, maar
was nie self by die moord betrokke nie.
Sy makker is nooit opgespoor nie.
Geldenhuys het gesê Holtzhausen was bejaard en
kon haarself nie verdedig nie.
Hy het Malatjie tot 12 jaar tronkstraf gevonnis
weens die moord en tot ses jaar weens huisbraak.
Die vonnisse moet aaneenlopend uitgedien word.
Holtzhausen het jare lank saam met haar man,
prof. Kas Holtz-hausen, op die plaas Rietfontein,
sowat 20 km buite Nelspruit, gewoon.

Source: m.news24.com/beeld/Suid-Afrika/Nuus/18-jaar-vir-moord-op-weerlose-plaasvrou-20130409

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s