Misdaad erg in Gauteng

Meer as 10% van alle misdaad wat in 2011-’12 in
Gauteng aangemeld is, is in net vyf polisiegebiede
gepleeg.
Muldersdrift is nie een van dié gebiede nie.
Genl.maj. Phumzo Gela, provinsiale
adjunkpolisiehoof, het tydens ’n onlangse besoek
aan Muldersdrift, ’n gebied sowat 380 km², gesê
die misdaadbeleg daar is erg, maar dit is nie
onder die vyf polisiegebiede wat die ergste onder
misdaad deurloop nie.
Volgens misdaadstatistieke vir 2011-’12 is dié vyf
Johannesburg-Sentraal, Hillbrow, Pretoria-
Sentraal, Honeydew en Booysens. 63 382 misdade
is daar aangemeld – 10,94% van alle misdade in
Gauteng vir dié boekjaar.
Vir doeleindes van misdaadstatistieke is Gauteng
in 138 polisiegebiede verdeel.
Van hulle beklee Muldersdrift slegs die 105ste
plek met 1?992 misdade – 0,34% van alle
misdaad in Gauteng.
Die gebied loop veral deur onder diefstal, inbraak
by huise, roof met verswarende omstandighede en
aanranding met die opset om ernstig te beseer.
In die betrokke boekjaar is tien moorde daar
gepleeg. Ewe veel moorde is in Naledi (Soweto),
Soshanguve, Yeoville, So-phiatown, Vereeniging en
Midrand aangeteken.
86 polisiegebiede het hoër moordsyfers.
Een daarvan is Honeydew, wat aan Muldersdrift
grens. 19 moorde is in 2011-’12 daar aangeteken,
nes in Bronkhorstspruit.
By 58 polisiekantore is meer moorde aangemeld.
Minstens sewe mense is die laaste ses maande in
Muldersdrift vermoor. As die moordsyfer vir die
2012-’13-boekjaar hoër as tien is, sal dit die
eerste styging in die moordsyfer daar in vier jaar
wees.
Nege moorde is in 2011-’12 in Sandton
aangemeld, maar met 9 052 aangemelde misdade
is dié gebied die negende ergste wat misdaad in
Gauteng betref.
Die grootste misdaadprobleem in al die
polisiegebiede is diefstal.
Rosebank, Fairland, Tarlton, Magaliesburg en
Hekpoort is onder die 25 veiligste polisiegebiede in
Gauteng.
Die veiligste polisiegebied in Gauteng is Devon,
aan die verre Oos-Rand, waar 317 misdade, of
0,05% van alle misdaad in Gauteng, aangeteken
is.
Die misdaadstatistieke verteenwoordig misdade
wat by die betrokke polisiekantore aangemeld is.

Source: m.news24.com/beeld/Suid-Afrika/Nuus/Misdaad-gedy-in-die-gebiede-20130310

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s