Bejaarde filantrope aangeval in plaasaanval

“Die land is in ’n gat van morele verrotting,” sê die
skrywer Riana Scheepers.
Haar bejaarde ouers, Attie en Myra Scheepers, is
eergisteraand op hul plaas buite Vryheid in KwaZulu-
Natal aangeval.
Attie, wie se hande vasgebind was, het moontlik hul
lewe gered deur ’n paniekknoppie met sy tong te druk.
Die vier aanvallers het daarna gevlug.
Riana, wat in Wellington in die Wes-Kaap woon, sê haar
ouers is filantrope wat baie na die gemeenskap uitreik.
“My pa gee en gee… Hy deel net uit.”
Hy neem dikwels kinders van ander plase skool toe. Die
egpaar, wat ’n slaghuis in Vryheid besit, gee ook gereeld
vleis weg aan almal wat hulp nodig het.
“My ma en pa was nie twee rassiste wat in ’n wit toring
gesit het nie,” sê Riana.
Die Scheepers-egpaar, albei 80 jaar oud, was
eergisteraand op hul plaas Bet-el net buite Vryheid.
Corrie Jansen van Vuuren, hul skoonseun, was eerste op
die plaas ná die aanval. Hy is getroud met hul ander
dogter, Marlene, en woon op ’n buurplaas.
Hy sê Attie is by die huis uit om sy bakkie in die
motorhuis in te trek. Gewapende mans het hom
ingewag.
Hy en sy vrou is geskop en met rewolwers oor die kop
en in die gesig geslaan.
Die egpaar se hande is met draad agter die rug
vasgebind.
Die mans het die egpaar se selfone en sowat R18 000
se loongeld geroof.
Die aanvallers het hulle na hul slaapkamer gebring. Hulle
het ’n strykyster aangeskakel en gedreig om Myra
daarmee te brand. Attie het toe die paniekknoppie in
die slaapkamer met sy tong gedruk.
Volgens Jansen van Vuuren het die polisie teen
gistermiddag reeds twee verdagtes vasgetrek.
Riana het gisteraand op Facebook geskryf haar ouers
het hul dank uitgespreek vir mense se ondersteuning en
liefde, want dit “vou hulle op die oomblik toe in ’n wolk
van genade”.
“Die menslike gees móét triomfeer oor die boosheid –
en Myra en Adriaan hét beide ’n gees van onstuitbare
drif en energie.”
– Die Scheepers-egpaar is sowat tien jaar gelede ook in
hul slaghuis beroof en aangerand.

Source: m.news24.com/beeld/Suid-Afrika/Nuus/Skrywer-se-ouers-geslaan-Land-verrot-20130202

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s