Wille Woeste SA

’n Rower het ’n 16-jarige seun gister ná ’n mislukte rooftog by ’n winkelsentrum in Germiston in die bobeen geskiet, vermoedelik omdat hy gedink het die tiener probeer hom voorkeer. “Die een rower het teen die seun vasgehardloop toe hy probeer vlug – toe skiet hy die seun sommer,” het ’n ooggetuie gesê.

“Ek vermoed hy het dalk gedink dat die seun hom wou verhinder om verder te vlug. Die seun het net daar neergeslaan en stil op die grond bly lê. Sy gesig was vertrek van die pyn…”

Volgens die ooggetuie, wat nie sy naam genoem wil he nie, het die seun se ma ook probeer weghardloop toe sy die skote hoor klap. Sy het omgedraai en al huilende na haar seun toe gehardloop toe sy besef hy is raak geskiet.

Die seun is volgens ao. André de Jager, polisiewoordvoerder, in die Golden Walk-winkelsentrum in die regterbobeen gewond. ’n Rooftog by die Sterns-juwelierswarewinkel in die sentrum het skeefgeloop. Ooggetuies het vertel twee gewapende mans het kort voor 12:00 by die winkel ingestorm en een het oor die toonbank gespring.

“Daar was drie dames binne die winkel en ons het die sekuriteit probeer ontbied toe ons hoor hoe hulle begin gil,” het een gesê. “Die rower het toe weer oor die toonbank gespring en hy en sy maat het in twee verskillende rigtings gehardloop.”

Die een rower het volgens die ooggetuies twee skote afgevuur, waarvan een die tienerseun, wat saam met sy ma voor Truworths daar naby gestaan het, getref het.
Die ander koeël het net anderkant Truworths in die dak van die winkelsentrum vasgeslaan.
“Daar was baie mense in die sentrum en toe die skote begin klap, het hulle al gillend uitmekaar gespat,” het ’n ooggetuie vertel.

Dis toe dat die rower teen die seun vashardloop en hom skiet. “Die gewonde tienerseun het op die grond gelê toe die Netcare 911-paramedici daar aankom,” het Santi Steinmann, woordvoerder van dié nooddiens, gesê.

“Hulle het hom op die toneel behandel en gestabiliseer en hom toe na ’n nabye hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling.”

Die seun se pa het gistermiddag gesê hy is in die ongevalle-eenheid van die Natalspruit-hospitaal
opgeneem. Hy was teen gisteraand in ’n bestendige toestand. Volgens De Jager is niks uit die Sterns gebuit nie en ondersoek die polisie ’n saak van poging tot gewapende roof.

Golden Walk se winkelbestuur het in ’n verklaring gesê hulle sal alles moontlik doen om die polisie te help om die skuldiges aan te keer en te sorg dat die rowers agter tralies beland.

“Die sentrum se sekuriteit is op ’n hoë gereedheidsgrondslag geplaas om die veiligheid van ons klante, huurders en hul werknemers te verseker.”

Source: m.news24.com/beeld/Suid-Afrika/Nuus/Tiener-in-winkel-gewond-20130108

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s