Belastinglas ondraaglik

Die mense wat belasting betaal en werklik tot die
staatsbeursie bydra, ontvang nie soveel voordele soos
nie-belastingbetalers nie.
“Vir elke rand wat iemand met ’n inkomste van R1
miljoen per jaar aan belasting betaal, kry hy maar 5c se
voordele van die staat terug,” sê Dawie Roodt,
ekonoom van die Efficient Group.
Roodt en Marc Sevitz, ’n geoktrooieerde rekenmeester
en belastingkenner van TaxTim, verduidelik sowat 2
miljoen mense betaal sowat 80% van die totale
inkomstebelasting van die land.
“Dit beteken sowat 6% van die totale bevolking dra die
res,” sê Roodt.
Sevitz sê hoewel 13,7 miljoen mense by die Suid-
Afrikaanse Inkomstediens (SAID) geregistreer is, is dit
die 5,6?miljoen wat belastingopgawes moes indien wat
werklik ’n “bydrae tot die staatsbeursie lewer”.
“Die land se belastingbasis is baie dun. Dan kry meer as
dubbel soveel mense as wat belasting betaal,
staatstoelae,” sê hy.
Sowat 16 miljoen mense uit ’n bevolking van 51,7
miljoen is vir ’n staatstoelae geregistreer.
Roodt sê sowat 60% van die totale staatsbesteding
gaan aan maatskaplike ontwikkeling (onderwys,
gesondheidsorg en behuising) en dus die armes.
Volgens hom sorg die belasting van iemand wat R1?
miljoen per jaar verdien, vir 20 arm gesinne.
Hoewel ’n land ’n veiligheidsnet vir armes moet hê,
meen hy Suid-Afrika se net is te hoog gespan.
“Tans word produktiewe mense te swaar belas, terwyl
onproduktiewe mense oormatig beloon word. Daar is
dus geen aansporing vir mense om te werk nie.”
Sevitz sê benewens dat burgers nie werklik persoonlik
voordele ontvang as hulle belasting betaal nie, vuur
berigte van korrupsie en wanbestuur verder persepsies
aan dat die regering belastinggeld mors.
In ’n peiling wat in Oktober deur die
navorsingsagentskap TNS gehanteer is, is gevind dat
amper die helfte van die stedelike volwassenes voel die
regering mors belastingbetalers se geld.
Die regering het ook ander belastinginstrumente, soos
die brandstofheffing, wat tot die staat se inkomste
bydra.
“Daar is ook miljoene burgers wat in die informele
sektor werk wat op ander wyses, soos deur BTW, ’n
bydrae tot die inkomste van die land lewer,” sê Adrian
Lackay, woordvoerder van die SAID.
Die e-tolstelsel wat nou mag voortgaan, gaan ook verder
bydra tot die staat se inkomste.
Lullu Krugel, senior ekonoom van KPMG, sê persoonlike
inkomstebelasting lewer steeds die grootste bydrae tot
die totale inkomste van die land.
“34% van die totale inkomste van die land kom van
inkomstebelasting, 27% van BTW en 21% word deur
maatskappye bygedra.”
Roodt waarsku egter dat maatskappye nie werklik self
die belastinglas dra nie, maar dat dié belasting weer na
individue afgewentel word deur byvoorbeeld duurder
produkte.
“Om dinge te red moet onder meer persoonlike
belasting verlaag word. Dié is die ouens wat spaar. As
hulle swaarder belas word, spaar hulle minder en groei
die ekonomie nie.”

Source: m.news24.com/beeld/Suid-Afrika/Nuus/Rykes-delf-so-onderspit-20121216

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s