Moordenaars keer terug om weer te skiet

Die rowers wat die 13-jarige Alyssa Botha Woensdagaand
doodgeskiet en haar pa en ouer sussie gewond het, het eers
weggehardloop, maar toe teruggekom en hulle weer geskiet.
So het Nicky Schimansky, die Bothas se buurvrou in
Muldersdrift aan die Wes-Rand en ’n hegte familievriendin,
gister gesê.
“Die gebied is maar gevaarlik. Dit was omtrent die vierde
ernstige geweldvoorval wat vanjaar in die nabye omgewing
plaasgevind het.”
Schimansky het Woensdag omstreeks 18:45 gehoor hoe
Alyssa se ma, Liesl, histeries oor die
gemeenskapspolisiëringsforum se radiostasie skree dat
iemand haar asseblief moet help. Schimansky was een van die
eerste mense wat daar aangekom het.
“Alyssa was nog by haar volle bewussyn. Sy het eers net
gekreun en gesê dat sy baie seer het, maar het mettertyd baie
kleur begin verloor en al hoe minder gepraat,” het Schimansky
gesê.
Volgens haar was die eerste paramedici binne sowat ’n
halfuur daar en het hulle tussen ’n uur en 90 minute lank
gespook om Alyssa te red voordat hulle haar uiteindelik dood
verklaar het.
Daar was uiteindelik drie of vier ambulanse.
Paramedici het tussen Alyssa, haar 17-jarige sussie, Megan, en
hul pa, Anton, rondgehardloop, het Schimansky gesê.
Megan se wonde het Vrydag baie opgeswel en die dokters
moes haar weer ’n drup gee, maar sy sterk goed aan.
Haar pa is steeds in die waakeenheid van die Krugersdorpse
private hospitaal. Die dokters sal volgens Schimansky eers
teen Sondag of Maandag weet wat sy kans op oorlewing is.
Die Botha-gesin het gister by monde van hul berader, Lee
Lerm, gesê die dokters moes een van Anton Botha se niere en
’n deel van sy lewer en dikderm verwyder, berig Louise
Ferreira .
Die familie sal eers begrafnisreëlings tref wanneer Anton in
staat is om die begrafnis by te woon.

Source:m.news24.com/beeld/Suid-Afrika/Nuus/Rowers-keer-terug-om-kind-pa-weer-te-skiet-20120907

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s