15j vir moord

Drie van die plaaswerkers wat die boer Gerhard Rabe (28) in
Junie 2000 vermoor het, se tronkstraf is nou verminder omdat
die regter wat hulle gevonnis het, te veel klem gelê het op die
voorkoms van moorde op boere.
Dumisani Samuel Zwane, Skhumbuza Richard Ndaba en
Mbongeni Isaac Ndaba het in die hooggeregshof in Pretoria
geappelleer.
Hulle en Mandla Petrus Khumalo, nog ’n werker, het Rabe op
18 Junie 2000 vermoor.
Rabe, wat alleen op die plaas Wydgelegen in die
Wakkerstroom-distrik gewoon het, is doodgeskiet.
Zwane het in die rondgaande hof 20 jaar tronkstraf gekry en
die twee Ndabas elk 25 jaar tronkstraf.
Regter Neil Tuchten het in die hooggeregshof in Pretoria in die
appèluitspraak gesê hy dink die verhoorregter het te veel klem
gelê op die verskriklike voorkoms van moorde op boere in dié
hof se jurisdiksie.
“Sulke moorde word in die algemeen gepleeg om geldelike
gewin, onder moontlike ander motiewe. Die huidige (saak)
was nie so ’n plaasmoord nie,” het Tuchten gesê.
Hy het gesê in dié saak was daar “ernstige provokasie” aan
die kant van die oorledene.
Volgens Tuchten het die verhoorregter die misdaad verkeerd
“gekarakteriseer” as ’n “plaasmoord”, wat neergekom het op
’n dwaling.
Die Ndabas het ook by Rabe se huis ingebreek en goed
gesteel.
Die verhoorregter het bevind die motief vir die misdade was
’n “kombinasie” van onder meer wrewel oor Rabe se
waargenome onredelikheid en onbillikheid, en woede oor sy
relatief geringe, maar konstante aanrandings.
Die werkers wou ook nie ene mnr. Lukhele doodmaak soos
Rabe van hulle vereis het nie, het die verhoorregter bevind.
’n Vriend van Rabe het “moeilikheid” met Lukhele gehad. Rabe
het veroorsaak dat die werkers Lukhele intimideer. Rabe het
daarop aangedring dat die Ndabas Lukhele vermoor.
Die verhoorregter het gesê boere is veral vatbaar vir aanvalle.
Omdat hulle op plase woon, is hulle relatief hulpeloos, veral
wanneer hulle deur werkers aangeval word wat hulle vertrou.
Die verhoorregter het gesê “die indruk moet nie geskep word
dat selfs as mishandeling plaasgevind het, so ’n moord ’n
geringe oortreding is nie”.
Die moorde op boere is ook “onaanvaarbaar algemeen”, het
die verhoorregter gesê.
Tuchten het die appellante se vonnisse tersyde gestel.
Hy het Zwane se vonnis vervang met 12 jaar tronkstraf en die
Ndabas s’n met 15 jaar tronkstraf elk. Tuchten het die nuwe
vonnisse terugwerkend tot 29 Januarie 2001 opgelê.

(Redakteur: In die ou SA was geretigheid lewe vir lewe. In die nuwe SA lewe vir 15j. Maar onthou dat jy slegs ‘n derde v d vonnis uit gedien hoef te word. Dus eintlik: lewe v 5 jaar. Dus in ‘n neutedop: In die Ou SA was lewe waardevol. In die nuwe SA is lewe amper waardeloos, behalwe as jy natuurlik ‘n moordenaar, verkragter, Godloonaar of watter ander wetsverbreker is)

Source: m.news24.com/beeld/Suid-Afrika/Nuus/Dis-gn-plaasmoord-20120824

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s