Gov double standards

Kaapstad. – Die adjunkminister van buitelandse sake, Ebrahim
Ebrahim, sal vandag verduidelik waarom hy Suid-Afrikaners
afraai om Israel te besoek.
Ebrahim het die naweek ’n opskudding met sy stellings oor
Israel veroorsaak en gister was die departement van
internasionale betrekkinge en samewerking baie sku om die
stellings te verduidelik.
“Ons het geen kommentaar nie. Die adjunkminister sal sy
stellings op die mediakonferensie verduidelik,” was al wat
Clayson Monyela, departementele woordvoerder, gister wou
sê.
Ebrahim se stellings het die wenkbroue nogmaals laat lig oor
konsekwentheid en oorkoepelende taktiek in Suid-Afrika se
buitelandse beleid.
Pas verlede week het Suid-Afrika flikkers gegooi na Israel se
voorste vennoot, die VSA, sodat Suid-Afrika die ekonomiese
binnebaan kan behou deur die Afrika-groei-en-
geleentheidswetgewing (Agoa) verder as 2015 verleng te kry.
“Weens die behandeling en beleid van Israel jeens die
Palestynse volk wil ons Suid-Afrikaners ten sterkste afraai om
daarheen (na Israel) te gaan, en wil ons Suid-Afrikaanse
maatskappye afraai om enigiets met die versterking van Israel
se besetting van Palestynse gebiede te doen te hê,” het
Ebrahim gesê.
Ebrahim sal na verwagting vandag skerp vrae moet trotseer
oor hoe sy siening strook met Suid-Afrika se stilswye rakende
China se besetting van Tibet of die stille diplomasie wat jeens
Zimbabwe gevolg word.
Ebrahim se stellings volg op ’n besluit deur die ANC-beheerde
KwaZulu-Natalse regering dat ’n groep burgemeesters en
munisipale bestuurders uit dié provinsie nie op ’n beplande
besoek na Israel mag vertrek nie.
Ebrahim se reaksie hierop was ewe sterk bewoord: “Israel is
’n besettingsmag wat Palestina onderdruk. Dit is dus nie
fatsoenlik vir Suid-Afrika om met Israel te assosieer nie. Ons
raai mense af om soontoe te gaa

Source: m.news24.com/beeld/Suid-Afrika/Nuus/Ebrahim-sal-stellings-oor-Israel-moet-verduidelik-20120813

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s