Killing of Afrikaans?

Die Gautengse onderwysdepartement moet aan die hand van
syfers verduidelik waarom hy wil hê ses Afrikaanse skole in
Johannesburg moet elkeen volgende jaar twee bykomende
Engelse klasse akkommodeer.
Die skole wat verlede week deur ’n distriksbestuurder oor dié
besluit ingelig is, is die hoër skole Randburg en Linden en die
laerskole Fountainebleau, Unika, Louw Geldenhuys en
Fairland.
Dié skole se beheerliggame het almal versoek dat die
departement hul versoek op skrif stel sodat hulle die kwessie
behoorlik kan ondersoek en met ouers kan bespreek. Hulle wil
ook meer inligting oor leerlinggetalle in omliggende Engelse
skole van die departement hê.
Die skole meen almal hulle is vol en voorsien dat hulle in die
afsienbare toekoms onder groot druk gaan wees om selfs
Afrikaanssprekende leerlinge te akkommodeer.
Geerit Berken-Bosch, voorsitter van die beheerliggaam van
Louw Geldenhuys, het gesê die skool wil weet op watter
gronde die departement se versoek berus.
Herman Odendaal, voorsitter van die Laerskool Fairland se
beheerliggaam, meen groter duidelikheid is nodig oor wanneer
’n skool vol is.
Volgens hom het dié skool uit eie sak die afgelope nege jaar
20 klasse aangebou om leerlinge te akkommodeer.
Daarbenewens is daar al hoe meer personeel (onderwysers en
ander) in beheerliggaamposte as wat die departement
voorsien.
Dana du Plessis, beheerliggaamvoorsitter van die Hoërskool
Linden, het gesê dié skool het die afgelope drie jaar gegroei
van 600 tot 720 leerlinge en die verwagting is dat dit gaan
voortduur omdat al die Afrikaanse laer skole propvol is.
“Op lang termyn sal ons klaar nie al die Afrikaanssprekende
leerlinge kan inneem nie.”
Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van
Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), het gesê
volgens sy inligting bars dié skole uit hul nate en kan geen
ander afleiding gemaak word dat die departement hulle
spesifiek teiken om Engelse leerlinge in te neem nie.
Colditz het gesê dis tyd dat die departement lig werp op
gerugte dat talle skole in van die townships soos Soweto en
die Vaaldriehoek leegloop en onderbenut is omdat hulle
gesien word as skole wat onderrig van swak gehalte gee.
“Die departement moet ook verduidelik hoekom hy nou
skarrel, terwyl die afgelope 17 jaar nie ’n enkele skool gebou is
in geteikende en veral omliggende gebiede nie.”
Die departement het gesê hy het verlede jaar uitdagings
gehad om plek vir leerlinge in die verre noordelike en
Randburg-gebiede te kry. Skole soos Ferndale was reeds vol,
maar het ’n plan gemaak om nóg leerlinge in te neem.
Hoofde en beheerliggame is volgens die departement genader
om die probleem aan hulle te verduidelik.
Statistieke oor leerlinggetalle in die betrokke en omliggende
skole is nie aan Beeld voorsien nie.

Source: m.news24.com/beeld/Suid-Afrika/Nuus/6-Afrikaanse-skole-onder-Engelse-druk-20120601
Date: 2012-06-03

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s