Boer gebrand in aanval

Heilbron. – Sy sal nooit die gesig vergeet nie toe
haar man met net sy kouse aan, en met erge
brandwonde, by die huis ingehardloop het nadat
hy deur plaasaanvallers aan die brand gesteek is.
So vertel mev. Connie Jansen van Rensburg oor
die plaasaanval waarin haar man, Christo (36),
Dinsdag omstreeks 22:00 op die plaas Page’s
Bargain deur sy oop bakkievenster met ’n
petrolbom gegooi is.
Hy is ook met ’n ysterpyp en klip geslaan en byna
met ’n mes gesteek nadat hy weens die vlamme
uit die bakkie gespring het.
“Gelukkig was daar goed in sy sak en hy het ’n dik
baadjie aangehad. Die mes het nie deurgegaan
nie. Hulle het hom ook probeer terugdruk in die
brandende bakkie,” sê mev. Jansen van Rensburg.
“Toe gooi hulle wéér petrol oor hom en steek
hom weer aan die brand.”
Haar man het in die grond gerol en van al sy klere
ontslae geraak. Hy het daarna sowat 200 m na
die plaashuis gehardloop en om hulp geroep.
Jansen van Rensburg, ’n deeltydse boer, het pas
van sy werk by Clover teruggekom en het net op
die grondpad na die plaashuis gedraai toe hy
aangeval is.
“My man het verskriklik hard terugbaklei en
geskree. Toe ek die ligte aansit, moes hulle geskrik
en die pad gevat het. Een het ’n klapmus
aangehad. My man sê hy sal nooit die ander een
se gesig vergeet nie.”
Mnr. Jansen van Rensburg is na sy huisdokter op
Heilbron geneem wat sy brandwonde behandel
het, waarna hy na die Mediclinic Vereeniging
gebring is.
Me. Selka-Ann Badenhorst,
hospitaalwoordvoerder, sê hoewel hy baie pyn
verduur, gaan dit onder omstandighede goed
met Jansen van Rensburg.
Hy het tweede- en derdegraadse brandwonde
opgedoen.
Die uitgebrande bakkie van mnr. Christo Jansen
van Rensburg staan gister by die ingang na die
plaas Page’s Bargain waar hy met ’n petrolbom
aangeval is. Hy is, nadat hy uit die bakkie
gespring het, ook met ’n ysterpyp en klip geslaan
en byna met ’n mes gesteek. Foto: Marlene
Jordaan.
(source:) m.news24.com/beeld/Suid-Afrika/Nuus/Aanvallers-brand-boer-20120411
(date:) 2012-04-12

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s