SA natuur slegter as in die ou Suid Afrika

Suid-Afrika se natuurlike omgewing het die
afgelope 20 jaar die vinnigste van alle lande ter
wêreld agteruitgegaan.
Dit is die bevinding van ’n span wetenskaplikes
aan die Universiteit van Yale en Columbia, in
samewerking met die Wêreld- Ekonomiese
Forum, wat die stand van die natuurlike
omgewing in 132 lande gemeet het.
Suid-Afrika is in die 128ste plek, net drie plekke
beter as Irak, wat laaste geëindig het.
Die navorsers het bevind die Switsers het hul
omgewing die afgelope twee dekades die beste
bewaar en bestuur.
Sy lug- en watergehalte, biodiversiteit en die
bestuur en bewaring van sy ekostelsels is die
beste ter wêreld.
Die navorsers het die stand van die 132 lande se
natuurlike omgewing in 1992, toe die
Aardeberaad in Rio de Janeiro gehou is, met
vandag vergelyk deur 22 aanwysers te gebruik.
Luidens die verslag is dit duidelik Suid-Afrika se
lug- en watergehalte, biodiversiteit, die
funksionering van sy ekostelsels, sy landbou- en
visbedryf het ernstig verswak.
Die navorsers het ook die stand van menslike
gesondheid in Suid-Afrika met dié in 1992
vergelyk.
Die Wildlife and Environment Society of South
Africa (Wessa) het in ’n verklaring gesê dié
bevindings is skokkend.
Mnr. Garth Barnes, direkteur van bewaring by
Wessa, het gesê dié stand van sake skep
geweldige probleme omdat Suid-Afrika van die
beste omgewingswetgewing ter wêreld het.
“Dit is duidelik die wetgewing word nie toegepas
nie.
“Die studie bevestig Wessa se standpunt dat
mense nie in ’n ongesonde omgewing kan oorleef
nie. Hierdie verslag is die ware stand van die
nasie.”
As die regering werklik mense se lewe wil
verbeter, sal hy baie beter na die omgewing moet
omsien, meen Wessa.
Barnes het daarop gewys dat Suid-Afrika se
natuurlike ekostelsels ter wille van ’n
steenkoolgedrewe ekonomie teen ’n geweldige
tempo vernietig word.
“Daar is duidelik ’n kortsluiting tussen die regering
se maatskaplike-ontwikkelingsplanne en
omgewingsbestuur.”
Die verslag verskyn op www.epi.yale.edu.

(source:) m.news24.com/beeld/Suid-Afrika/Nuus/Natuur-in-SA-verswak-ergste-20120212
(date:) 2012-02-12

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s