Shoot the ‘boer’ song is hate speach

Kaapstad – Regter Colin Lamont het Maandag in die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg beslis dat die sing van die woorde ‘Skiet die Boer’ haatspraak is.

Hy het dit beskryf as ‘n saak van “sosiale konflik”.

Lamont het gesê die teikengroep van die lied ‘Skiet die Boer’ sluit Afrikaners in, hoewel hulle nie altyd by politieke saamtrekke teenwoordig is nie.

Hy het gesê daar was geen reaksie op die sing van die struggle-lied tot die media dit nie begin vertaal het nie.

Lamont het verder in sy uitspraak gesê onregverdige diskriminasie is steeds diep gewortel in sekere strukture van die samelewing, maar kan nie regverdig word nie.

Malema het nie die hofverrigtinge bygewoon nie.

Lamont het gesê rassediskriminasie van een groep of gemeenskap oor ‘n ander kan nie regverdig word nie.

Hy het gesê sedert apartheid was transformasie in Suid-Afrika moeilik vir sommige mense. Hy het gesê apartheid het ‘n diep verdeelde samelewing geskep.

“Op grond van die bewyse voor my, sal die sosiale wrywing wat gepaardgaan met verandering, vir ‘n lang tyd aanhou.”

“Die grondwet kan help om die diep ongelykhede wat in die Suid-Afrikaanse samelewing heers, aan te spreek,” het hy gesê.

Lamont het gesê haatspraak word verbied om ontwrigting, sielkundige skade, die uitsluiting van minderheidsgroepe en politieke disintegrasie te voorkom.

Hy het gesê minderheidsgroepe word verplig om die hof te nader om hul regte te beskerm omdat haatspraak minderheidsgemeenskappe teiken.

Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANCYL, het vroeër aan die eNews-kanaal gesê hulle sal die uitspraak tot in die hoogste hof beveg.

Talle ondersteuners van Malema en nuuskierige omstanders het die verhoor in April bygewoon.

AfriForum en TLU SA het Malema voor die hof gedaag nadat hy op verskeie geleenthede die woorde “Dubula iBhunu” (“Skiet die Boer”) gesing het.

Daar word geglo dat dié woorde ‘n bedreiging is vir minderheidsgemeenskappe en die veiligheid van Afrikaners en boere bedreig.

Malema en ander ANC-getuies het nie saamgestem nie en sê dit is deel van die party se geskiedenis en moenie letterlik opgeneem word nie.

[Source:] http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Skiet-die-Boer-is-haatspraak-beslis-hof-20110912
[Date:] 2011-09-12

Advertisements
This entry was posted in Farm Attacks, Hate. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s