R1.2 milj (E120 milj) vir ANC oorheerde Jeug

Johannesburg – Die DA het sy “ernstige kommer” uitgespreek oor ‘n besluit om oor die volgende drie jaar R1,22 miljard aan die nasionale jeugontwikkelingsagentskap (NYDA) te bewillig.

“Om miljarde rande van openbare fondse aan ‘n swak bestuurde en ondoeltreffende organisasie te gee wat in wese gekaap is deur die ANC-jeugliga is ‘n onwyse poging om die ontwikkeling van die land se jeug te probeer bevorder,” het die DA se parlementêre leier, Athol Trollip, in ‘n verklaring gesê.

Beeld het Vrydag berig dat minister Pravin Gordhan gesê het hy weet nie hoe die omstrede NYDA die geld sal gebruik wat in die begroting aan hom toevertrou is om werk te skep nie.

“Ek weet nie,” het Gordhan gesê in antwoord op ‘n vraag deur ‘n DA-lid gedurende ‘n vergadering deur parlementêre komitees oor die begrotingsrede.

Trollip het in ‘n verklaring wat Donderdag uitgereik is gesê die NYDA se “swak organisasie van die totalitêre jeugfees wat in Desember verlede jaar deur die ANC-jeugliga aangebied is, waarvan die koste R100 miljoen beloop het, was ‘n kragtige bewys van die onbeskaamde manier waarop die NYDA die lyne tussen die party en die staat laat vervaag, en wys hoe hy sonder meer openbare fondse aanwend om ANC-jeugliga-funksies te befonds”.

“Die DA is baie bekommerd oor die tesourie se besluit om R1,22 miljard aan die nasionale jeugontwikkelingsagentskap toe te ken oor die volgende drie jaar.

Die NYDA het vroeër dié maand gesê hy sal “werk om die regering se teiken te bereik om werkloosheid teen 2020 met 15 persent te verminder”.

Volgens Andile Lungisa, voorsitter van die NYDA, het dié organisasie “15,810 werksgeleenthede geskep of onderhou, hoofsaaklik deur sy sakefinansierings en -ontwikkelings-afdelings”.

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/DA-erg-bekommerd-oor-geld-vir-jeug-20110225

[date:] 2011-02-27

Advertisements
This entry was posted in Economy. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s