Mugabe to dictator Gadaffi’s rescue

’n Russies vervaardigde huurvliegtuig het dié week van Harare na Tripoli gevlieg met Zimbabwiese spesmagte aan boord om kol. Moeammar Ghaddafi in sy uur van nood by te staan.

So berig die Zimbabwe Mail, ’n blad wat deur Zimbabwiese afvalliges in Londen uitgegee word. Die koerant sê hy kon die berig nie bevestig kry nie, maar hy grond dit op “gerugte in intelligensie- en militêre kringe in Harare”.

Dié koerant is gewoonlik goed ingelig.

Terselfdertyd berig die Duitse dagblad Die Welt dat pres. Robert Mugabe ook aangebied het om politieke asiel aan Ghaddafi te verleen as hy die stryd teen die opstandelinge in sy land verloor. Ook dié berig kon nie bevestig word nie.

Die Zimbabwe Mail wys op vorige berigte dat ooggetuies glo “swart huursoldate” in Libië opgemerk het wat aan die kant van die regeringsmagte veg. Omdat hulle, in teenstelling met die weermag, geen band met die bevolking het nie, is hulle blykbaar meer gewillig om op betogers te skiet.

Blykbaar het Ghaddafi sowat 20 plase in Zimbabwe. In dié land word gevrees dat die Libiese diktator dit kan gebruik as basis om die mag in sy land te herwin as hy na Zimbabwe uitwyk.

Volgens die koerant is Ghaddafi se persoonlike vliegtuig reeds vol goudstawe gelaai. Die bron vir dié bewering is die Libiese afvallige mnr. Goema el-Gamati, wat in Londen woon. Die laaste jare het Ghaddafi en Zimbabwe mekaar internasionaal bankvas gesteun.

[/source]

http://www.beeld.com/Wereld/Nuus/Mugabe-stuur-glo-troepe-om-Ghaddafi-te-help-20110225

 

[date:] 2011-02-26

Advertisements
This entry was posted in Communism. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s