Sege teen Affirmative Action

Johannesburg – ’n Polisieman wat ’n lang diskriminasiestryd teen die polisie gevoer het, moet onmiddellik van luitenant-kolonel tot kolonel bevorder word.

Dié skikkingsooreenkoms tussen die polisie en die vakbond Solidariteit is Woensdag in die arbeidshof in Johannesburg bekragtig.

Die polisieman, lt.kol. Johannes Jacobus Deetlefs, moet terugwerkend van 1 Februarie tot kolonel bevorder word.

Dr. Dirk Hermann, uitvoerende adjunkhoof van Solidariteit, het Woensdag gesê dié oorwinning is die vierde in ’n reeks van 12 hofsake oor regstellende aksie wat hulle beklink het. Die ander agt hofsake is nog hangend.

“Die bekommernis is dat ons in ’n land sit waar ons sukkel om vakante poste te vul. Dié poste word vakant gelos weens ras- en geslagsdiskriminasie. Die regering se benadering tot regstellende aksie benadeel die effektiwiteit van dienslewering en ons kan dit nie toelaat nie.

“Hulle sal moet besef hul regstellende-aksie-beleid is onwettig, want ons wen elke saak. Hulle sal hul beleid moet aanpas,” het Hermann gesê.

Deetlefs het tot nou as luitenant-kolonel in die polisie se eenheid vir misdaad-intelligensie gewerk waar hy die bevelvoerder van die onderskepping- en moniteringseksie is. Hy het al die pligte en verantwoordelikhede van ’n kolonel (wat toe senior superintendent was) vervul.

Deetlefs het in 1999 gemotiveer dat sy pos opgegradeer word, hoewel die pos nie geadverteer is nie. Hy is nie bevorder nie.

Die pos is in Augustus 2009 geadverteer en ná 14 jaar as seksiebevelvoerder het hy daarom aansoek gedoen. Deetlefs en nog twee kandidate is genooi vir onderhoude.

Hy is nie bevorder nie, hoewel die onderhoudspaneel hom as die beste kandidaat vir die pos geïdentifiseer het en hy aan al die vereistes vir die pos voldoen het. In September 2009 is nog ’n ronde onderhoude gevoer en weer is Deetlefs nie bevorder nie.

Deetlefs het in Desember 2009 ’n grieweprosedure begin en redes gevra waarom hy nie bevorder is nie. Die antwoord was dat ’n 50%-verteenwoordiging van vroue in die polisie vereis word en dat Deetlefs se aanstelling dít in die wiele sou ry.

Die saak is na die arbeidshof verwys nadat Deetlefs ’n klag van onbillike diskriminasie by die Kommissie vir Versoening,

Bemiddeling en Arbitrasie ingedien het.

“Diskriminasie op grond van ras en geslag het hier teen Deetlefs plaasgevind,” het Hermann gesê.

“Deetlefs se bevordering was noodsaaklik vir dienslewering in die polisie en wys ook dat daar nie teen werknemers op grond van ras of geslag gediskrimineer mag word nie.”

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Sege-teen-regstel-aksie-20110217
[date:] 2011-02-20

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s