Paniek oor water kom gou, waarsku kenner

Johannesburg – Stedelinge in Suid-Afrika kan teen die jaar 2020 ‘n enorme waterkrisis beleef, het ‘n voormalige direkteur-generaal van die departement van waterwese gewaarsku.

Mike Muller, wat nou as professor by die Universiteit van die Witwatersrand dien, en wat ‘n posisie beklee in die nasionale beplanningskommissie, het hierdie week by ‘n Water en Energie-forum in Sandton gesê dis tyd dat stadsbewoners begin "paniekerig raak" oor hulle watervoorraad.

"Ek dink regtig in die meeste van ons stede, as ons nie nóú paniekerig raak nie, en as ons nie nóú aksie neem nie, gaan ons teen 2020 ‘n krisis beleef," het Muller volgens ‘n artikel wat in die Saturday Star-koerant verskyn het, gesê.

"Ons gaan nie ons water opgebruik nie, maar daar is ‘n paar probleem-plekke. EThekwini is eintlik op die oomblik die metropool wat die vatbaarste is – hulle het die afgelope ruk met baie weggekom."

Volgens Muller moes eThekwini eintlik al ten tye van die sokkerwêreldbeker sonder water gewees het.

"Ons weet baie munisipale verbruikers doen geen beplanning hiervoor nie, of as hulle dit wel doen, voer hulle nie hulle planne uit nie," het hy gesê.

"Alle belanghebbendes moet… aksie neem of ons gaan in die moeilikheid wees. Ek dink ons moet op die regte tyd paniekerig raak, en die regte tyd is nóú."

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Paniek-oor-water-kom-gou-waarsku-kenner-20110219
[date:] 2011-02-20

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s