Rowers vermoor Krugersdorp man met graaf

Johannesburg – ’n Krugersdorpse man is in sy huis met ’n graaf en hamer doodgeslaan. Sy erg aangerande vrou kon vlug. Piet (53) en Lizel Desfountain (49) is sowat drie maande gelede getroud.

Hulle het in die huis in Gerhard Maritzlaan geslaap toe vier aanvallers die hoofingang se veiligheidshek gister omstreeks 03:30 met ’n graaf, wat hulle vermoedelik in die tuin opgetel het, oopgebreek het.

Die aanvallers het daarna verskeie ligte in die huis se voorportaal en sitkamer stukkend geslaan.

Volgens dr. Tommy Jooste, ’n familielid, het Desfountain uit sy kamer gestorm en die rowers het hom oorval.

“Hulle het hom verskeie kere met die graaf en hamer aangerand terwyl hy met hulle geworstel en om sy lewe geveg het. Toe hy uiteindelik op die grond inmekaarsak, het hulle Lizel aangeval. Hy het glo op die grond langs Lizel gelê en roggel voordat sy flou geword het van die pyn.”

’n Geruime tyd later, terwyl die moordenaars besig was om die huis te plunder, het mev. Desfountain haar bewussyn herwin en dadelik uit die huis gevlug. Sy het in een van die egpaar se twee voertuie weggejaag.

Piet Madonsela, wat sowat 300 m van die Desfountains woon, het omstreeks 04:00 wakker geword.

“Ek het haar histeries by die hek hoor skree. Toe ek dit oopmaak, was sy vol bloed en haar klere aan flarde. Sy het gesê: ‘Hulle is besig om hom dood te maak’ ”, het Madonsela vertel.

Hy het nie lugtyd op sy selfoon gehad nie en mev. Desfountain s’n is gesteel. Hulle het toe vergeefs probeer om hulp by verskeie bure te ontbied. Niemand wou vir hom oopmaak nie. Hy vermoed dis omdat hy “ook soos ’n skelm gelyk het”.

Gelukkig kon mev. Desfountain haar suster, Lavonne van Wyk, opspoor, wat hulp ontbied het.

Mev. Desfountain is later na ’n hospitaal geneem.

Dave Haasbroek, Van Wyk se vriend, het daarheen gejaag en saam met Madonsela in die huis ingegaan. Die moordenaars het toe reeds gevlug. “Die huis was vol bloed. Die rowers het Piet met ’n duvet toegegooi sodat net sy gesig uitgesteek het.

“Ek het gekyk of hy nog lewe, maar hy was reeds dood. Ons het meer as ’n uur vir die polisie gewag.

“Dit is die mees patetiese reaksie ooit,” het Haasbroek vertel.

Desfountain het glo verskeie diep kapwonde aan sy gesig opgedoen.

Sy eksvrou, Wilma, was op pad na Richardsbaai, waarheen sy verhuis, toe sy van die moord hoor.

Sy het vriende, David en Lorraine Geyer, in Krugersdorp gevra om dit te bevestig.

“By die Krugersdorp-polisiestasie het hulle vir ons gesê niemand is vermoor nie en dat hulle van niks weet nie,” het mnr. Geyer gesê.

Hulle het die nuus by die moordhuis by Beeld se verslag­gewer bevestig. Mev. Geyer het Desfountain se familie gebel. Sy dogter, Madelaine (29), het binne minute daar opgedaag en in trane uitgebars.

Mnr. Desfountain het ook ’n seun, Etienne (32), uit ’n vorige huwelik.

Kapt. Jacob Raboroko, polisiewoordvoerder, het gesê dit is irrelevant hoe lank dit geduur het voordat die polisie opgedaag het omdat hulle moontlik elders besig was en wel uiteindelik daar opgedaag het.

[date:] 2010-12-18
http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Rowers-vermoor-man-met-graaf-20101216-2

Advertisements
This entry was posted in Crime, Farm Attacks. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s