SA’s Quality of life is amongst the worst

Johannesburg – Suid-Afrikaners se lewensgehalte tel onder dié in die swakste 35% van die lande ter wêreld.

Hul gemiddelde lewensverwagting is tans 52 jaar, die laagste sedert 1970.

Volgens die Verenigde Nasies (VN) se jongste en omvangrykste Indeks vir Menslike Ontwikkeling (IMO) bevind Suid-Afrika hom in die 110de plek uit 169 lande wat gemeet is. Sy posisie op die indeks het die afgelope vyf?jaar met 37 plekke versleg.

Die IMO, wat Donderdag in New York bekend gestel is, onderskei tussen lande met “baie hoë menslike ontwikkeling” (soos Noorweë, Australië, die VSA en Wes-Europese lande); “hoë menslike ontwikkeling” (soos Chili, Argentinië en Mauritius); lande met “medium menslike ontwikkeling” (soos Suid-Afrika en China); en lande met “lae menslike ontwikkeling”, waarvan die meeste in Afrika is.

Die indeks dui onder meer die stand van welvaart, infrastruktuur, gesondheid, opvoeding en die lewenstevredenheid onder landsburgers van 1980 tot 2010 aan.

Op ’n skaal van 1,0 tot 0,001 is Noorweë (0,938) die land met die hoogste vlak van menslike ontwikkeling, gevolg deur Australië (0,937), Nieu-Seeland (0,907) en die VSA (0,902). Agt Afrika-lande – Libië (0,755), Mauritius (0,701), Tunisië (0,683), Algerië (0,677), Gaboen (0,684), Botswana (0,633), Egipte (0,620) en Namibië (0,606) – vaar beter as Suid-Afrika (0,567).

Suid-Afrika se beste gradering op die IMO-skaal was in 1995 met 0,634 – effe beter as wat Botswana nou is.

Die gaping tussen Suid-Afrika en die 13 swakste lande (almal in Afrika) is reusagtig. Dié 13 lande is volgens die IMO minder ontwikkeld en armer as wat hulle in 1970 was. Van hulle vaar Zimbabwe (0,140) die heel slegste.

Die Demokratiese Republiek van die Kongo staan op 0,239.

Nege van die 34 mins ontwikkelde lande ter wêreld is onder die 15 lidlande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG).

Een van die kernaanduiders van die stand van ’n land se lewensgehalte is die verwagte lewensduur van sy mense. Dit hou verband met armoede, gesondheidsorg, infrastruktuur en inkomste.

Die verwagte lewensduur in Suid-Afrika is 52 jaar. Volgens die IMO-peiling leef die burgers van 31 van Afrika se 53 lande langer as Suid-Afrikaners.

Die lewensverwagting in Namibië is tien jaar langer as in Suid-Afrika. Die gemiddelde lewensverwagting ter wêreld is 69,3 jaar, meer as 17 jaar langer as dié van die gemiddelde Suid-Afrikaner.

Dit is in groot mate te wyte aan MIV/vigs en die voortydige dood van babas en kinders jonger as vyf.

source:

http://www.nuus24.com/Sci-tech/Nuus/SA-se-posisie-versleg-20101104-2

http://hdr.undp.org/en/reports/

Advertisements
This entry was posted in Quality of Life. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s